’n Beoogde braai-area by die suidoostelike hoek van die A-rugbyveld, waar ondersteuners tydens tuiswedstryde kan kom braai. Die foto is ’n voorbeeld van die voorgestelde baksteen-braaiplekke. Die projek word in fases afgehandel sodat die werk nie die skooldag onderbreek nie. Die beheerliggaam en Klub100-komitee keur elke fase goed voordat fondse vrygestel word.
Ligging
Wat u bydrae doen
Elke maandelikse bydrae gaan in die projekfonds. Wanneer die doelwit bereik is, begin die werk — en ons deel foto’s van die vordering in die nuusbrief.